InniBos 2008
Groter as die groot vyf
![]()
Dis nog n jaar vir vet pret met die inniBOS Fees !
Hierdie jaar is BONEY M die groot internasionale gaste hier by die InniBOS fees. Vverlede jaar het sowat 35 000 mense die Saterdagaand konsert bygewoon. Die totale bywoning in 2007 was 87 000 en die plaaslike ekonomie het n allermintige inspuiting beleef . Ons glo dat 2008 vir nog n rekord gaan sorg . Daar gaan op verskeie verhoë gesing & gedans & gekuier word, terwyl die honderde stalletjies snuisterye vir enige begroting bied. Daar sal ook n kunsmark wees vir die groot kunsliefhebbers en fynproewers met van die land se topkunstenaars en hulle kuns werke. Standard bank het 'n R1 miljoen kontantborg geskenk, die grootste wat nog aan InniBOS toegeken is. Almal is welkom by die fees, die fees grond by die Hoërskool Bergvlam is die hele dag aan, sonder om op te hou.
![]()
Ongeveer 400 kuns en kultuur stalletjies, restaurante, bier tuin en ook vir die jong span 'n vermaak area. Wat gebeur as Liewe Heksie inskryf vir Blommeland se Strictly Come Dancing? Weet sy darem hoe om te wals?


